top of page

BKS: Vrystaatse verspreiding duur voort

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 22
  • 1 min read

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Vrystaat het nog nie sy draaipunt bereik nie. Volgens Landbouweekblad is vier nuwe bevestigde gevalle van die siekte deur die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling aangemeld. Die jongste gevalle bring die totale getal infeksies in die provinsie op 30 te staan. Met bek-en-klouseer wat steeds uitbrei eerder as stabiliseer, staan die boere wat deur kwarantynmaatreëls geraak word, voor ’n moeilike finansiële tydperk omdat hulle nie speenkalwers kan verkoop nie. Hoewel die departement ’n prioriteitsinentingsprogram op besmette plase begin het om die viruslading te verminder, is dit steeds moeilik om die huidige momentum van verspreiding te keer. Die siekte, wat reeds sedert Julie 2025 in die provinsie voorkom, is tans in Kroonstad, Viljoenskroon, Cornela / Frankfort, Heilbron en Odendaals aktief.

 
 
 

Comments


bottom of page