top of page

Bloedvoorrade is laag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 13
  • 1 min read

Met die begin van die nuwe jaar skep die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) bewustheid oor 'n bekende seisoenale patroon - 'n afname in nasionale bloedinsamelings.


SANBS se skenkerverhoudingspraktisyn in Bloemfontein, Natalie Booysen, moedig Bloemfonteiners aan om bloed te skenk en ‘n verskil te maak.

 

Om 'n veilige en voldoende voorraad vir Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel te verseker beoog die SANBS om daagliks 3 500 eenhede bloed in te samel.


Luidens ‘n meidaverklaring is gereelde skenking noodsaaklik, aangesien 'n eenheid bloed slegs 42 dae hou.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page