top of page

Bloem groet ‘n geliefde brandweerman

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 28, 2025
  • 1 min read

Bloemfontein groet ‘n brandweer- en skouman met ‘n groot hart.


Chris van der Walt is in die ouderdom van 64 jaar oorlede.


Bloemnuus berig volgens sy groot vriend en kollega by die Manguang-brand en reddingsdiens, Braam van Zyl, het hy vinnig agteruit gegaan na hy die afgelope paar weke in die hospitaal vir 'n bosluis-byt behandel is.


Van der Walt was ook altyd tussen die sierduiwe by die Bloemskou bedrywig.


Dié skou sê in ‘n plasing op sosiale media hy was ‘n kosbare siel wat hul lewens op ’n besondere en humoristiese manier aangeraak het.


Hulle voeg by Van der Walt het op die raad van die Bloemskou gedien en was ook die Voorsitter van die Plaaswerf komitee. 



Comments


bottom of page