top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloem-leerders blink uit by Afrikaanse Eisteddfod

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 41 minutes ago
  • 1 min read

Sowat 80% van St Andrew’s Skool in Bloemfontein se leerlinge het onlangs aan die Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem.


Nova News berig hoewel St Andrew’s ’n Engelstalige skool is, bly die skool daartoe verbind om leerlinge aan verskeie kulturele en kreatiewe geleenthede bloot te stel.


Volgens die skool het die Eisteddfod die 289 seuns gehelp om selfvertroue, kommunikasie- en taalvaardighede verder te ontwikkel. 


Van die deelnemende seuns het 58 individueel meegeding en hul talente in verskeie kategorieë ten toon gestel, terwyl ses grade aan groepvertonings deelgeneem het.


Die seuns het verskeie A++, A+ en A-simbole tydens die kompetisie behaal.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page