Bloem-leerders help om Hospitaalpark groener te maak

2 hours ago
1 min read
Leerders van Sand du Plessis Laerskool het ter viering van Nasionale Boomplantweek gehelp om bome in Menierepark te plant.
Volgens inligting wat deur die Hospitaalpark Woonbuurt Assosiasie gedeel is, het die leerders ook meer geleer oor die belangrike rol wat bome in die gemeenskap en omgewing speel.
Dit sluit onder meer die verskaffing van skadu en suurstof en die skep van ’n groener en gesonder leefomgewing in.
Die assosiasie sê elke boom wat geplant word, is ’n belegging in die toekoms van die woonbuurt en dat dit besonders is om te sien hoe jongmense verantwoordelikheid vir hul omgewing neem.








Comments