‘n Vrystaatse prokureur se R15-miljoen-bedrogsaak is uitgestel

Die bedrogsaak teen ’n Welkom-prokureur, wat reeds drie lewenslange vonnisse en 61 jaar tronkstraf vir seksuele misdrywe teen minderjariges uitdien, is tot volgende jaar uitgestel.
Volgens NovaNews het Jan Gysbert Maritz vroeër die week in die Welkom Handelsmisdaadhof verskyn. Die saak kon egter nie voortgaan nie nadat die aanklaer siek aangemeld het en ’n gebarste pyp ’n gedeelte van die hofgebou oorstroom het.
Maritz is aangekla van bedrog, diefstal, geldwassery en oortredings van die Wet op Regspraktyk.
Volgens die Valke spruit die aanklagte uit ’n munisipale sekuriteitstender waar ’n hofbevel vir ’n uitstaande skuld van meer as R21 miljoen toegestaan is.
Ondersoeke het egter bevind dat R15 miljoen van hierdie skikking glo onregmatig in ’n bankrekening inbetaal is van ’n maatskappy waarvan Maritz die enigste direkteur is.








Comments