top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloem-leerders se werke pronk in die 2027-Sanlam-kalender

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29
1 min read

Twee Bloemfontein-leerders van die EduPlus Onafhanklike Skool se kunswerke pronk in volgende jaar se Sanlam-kalender.


Volgens Bloemnuus Express is kunswerke van 34 leerders van die skool ook vir die aanlyn-uitstalling van Sanlam se jaarlikse kinderkunskompetisie gekies.


Elizka Janse van Rensburg en Thuanyo Matekane se kunswerke is onder die 13 werke landwyd wat gekies is om volgende jaar in die gedrukte kalender te verskyn.


Die Sanlam Kinderkunsprojek word vanjaar vir die 63ste keer aangebied en lok jaarliks inskrywings van leerders by skole en kunsskole regoor die land.


Elizka Janse van Rensburg en Thuanyo Matekane. FOTO: Bloemnuus Express
Elizka Janse van Rensburg en Thuanyo Matekane. FOTO: Bloemnuus Express


 
 
 

Comments


bottom of page