top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloem-leerders spring in om hul juffrou te help

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 29
  • 1 min read

Leerders van Grey Kollege in Bloemfontein het geld ingesamel om hul geliefde juffrou, Karen du Plessis, te ondersteun terwyl sy op ’n longoorplanting wag.


Nova News berig Du Plessis, wat al 14 jaar by die skool klas gee, leef met ’n seldsame genetiese toestand wat haar longe ernstig beskadig het en vereis dat sy deurlopend suurstof gebruik.


’n Matriekleerder, Wilco de Villiers, het vroeër vanjaar saam met die Voortrekkers se Gebiedsjeugraad ’n sokkie gereël wat R15 000 vir haar mediese uitgawes ingesamel het.


Du Plessis sê die ondersteuning van die leerders, personeel en skoolgemeenskap beteken meer vir haar as wat sy in woorde kan beskryf.


Sy wag tans op ’n geskikte skenker vir ’n longoorplanting.


Wilco de Villiers, Karen du Plessis en Danné Coetzee. FOTO: Nova News
Wilco de Villiers, Karen du Plessis en Danné Coetzee. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page