Bloem-leerlinge word oor bendes gewaarsku
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 23
- 1 min read
Leerlinge by die Dr Viljoen Gekombineerde Skool in Bloemfontein is tydens ’n bewusmakingsinisiatief oor die gevare van bendebedrywighede en misdaad ingelig.
Die inisiatief is volgens ‘n mediaverklaring deur verskeie rolspelers aangebied, insluitend die polisie, onderwysowerhede en die Nasionale Vervolgingsgesag.
Leerders is gewaarsku teen afknouery, dwelmmisbruik en die besit van gevaarlike wapens op skoolterreine.
Verteenwoordigers van Korrektiewe Dienste het ook gewaarsku teen die werklikhede van bendes, en gesê betrokkenheid by misdaad kan ernstige gevolge hê, insluitend druk om by gevangenisbendes aan te sluit.
Die inisiatief vorm deel van pogings om veiliger skole en gemeenskappe te bevorder.








Comments