top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloem rou saam met die Shaw's, nadat die 10-jarige Neil se hart ‘n laaste keer gaan staan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 9, 2024
1 min read

Neil Shaw se hart het die naweek ‘n laaste keer ophou klop. Die 10-jarige is verlede Saterdag ná ‘n hartstilstand in ‘n Bloemfonteinse hospitaal opgeneem. Hy het Woensdag ‘n pasaangeër gekry, aangesien sy hart die vorige nag ‘n tweede keer gaan staan het. Neil se ma, Lerie, sê hy is vermoedelik dood weens komplikasies van hartskokke om sy polsslag te stabiliseer. Sy het die gesin se tragiese nuus Saterdag in ‘n stemboodskap gedeel, en bedank elkeen wat hulle in hierdie moeilike tyd onderskraag. Netwerk24 berig ‘n sindroom is by hom gediagnoseer, wat polsslag versnel, en ‘n hartaanval tot gevolg kan hê. Neil word deur sy pa Willie, ma Lerie, ouboet Liam, en die tweeling, Hein en Henry oorleef.

  • Rosestad 100.6FM se trustees, bestuur en personeel betuig innige meegevoel met die Shaw-gesin, asook die hegte gemeenskap van Willem Postma Primêr, waar die boeties skoolgaan.

 
 
 

Comments


bottom of page