Bloem se Botaniese Tuin spog met internasionale erkenning
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin in Bloemfontein is internasionaal erken vir die handhawing van hoë professionele standaarde.
Die tuin het ’n Vlak Twee-akkreditasie ontvang vir praktyke wat as belangrik beskou word vir botaniese tuine en arboreta wêreldwyd.
Volgens inligting wat op die tuin se Facebook-blad gedeel is, is die erkenning toegeken deur die ArbNet Arboretum-akkreditasieprogram.
Die program is die enigste wêreldwye inisiatief wat arboreta op verskillende vlakke van ontwikkeling, kapasiteit en professionaliteit erken.
Die tuin is ook nou opgeneem in die Morton-register van arboreta – ’n internasionale databasis van tuine wat toegewy is aan houtagtige plante.
Volgens Sanbi beslaan die tuin 70 hektaar en huisves sowat 400 spesies plante, hoofsaaklik uit die Vrystaat, Noord-Kaap en Lesotho. Dit sluit ook 'n versameling dekoratiewe en geharde bome in wat inheems aan die gebied is.








Comments