top of page

Bloem se lamppale word glo deur ‘n sindikaat geteiken

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 16
  • 1 min read

Daar is nuwe tendens in Bloemfontein waar lamppale beskadig word, en die stad se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, glo dit is ‘n sindikaat. Volgens ‘n plasing op sosiale media is vyf pale onlangs in Lourierpark afgekap. Centlec waarsku dat wanneer hulle klaar is met die pale hulle dan dalk huishoudings sal teiken. Die elektrisiteitsverskaffer voeg by hulle het die aantal sekuriteitspersoneel, insluitend ondersoekbeamptes, verhoog en ook 'n nuwe vloot gekoop om te verseker dat hulle in alle brandpuntgebiede patroller, maar dat hulle ongelukkig nie oral kan wees nie. Hulle vra dat enige verdagte gedrag by die polisie gerapporteer moet word.

 
 
 

Comments


bottom of page