Bloem se MOTH’s vier 80 jaar van kameraderie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 hours ago
- 1 min read
Die bekende veterane-organisasie, Castiglione MOTH Shellhole, in Bloemfontein vier hul 80ste bestaansjaar.
Volgens Bloemnuus bied die Castiglione MOTH Shellhole al dekades lank ’n tuiste vir oud-weermag- en polisielede, en is dit plaaslik in 1946 gestig. Die internasionale beweging dateer terug na 1927.
Lede van regoor die land het aanlyn hul gelukwense oorgedra, waarna ’n gesellige ete deur lede self voorberei is.
Een van die oudste lede wat die geleentheid bygewoon het, is die 92-jarige Herman Lötter, ’n voormalige bevelvoerder van die Bloemfontein Stad Kommando.
Johann Greeff van die Castiglione Shellhole sê dit is die grootste MOTH-groep in die Vrystaat en beskryf dit as ’n plek waar lede mekaar ondersteun en soos familie saamstaan.








Comments