top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloem se noordelike stortingsterrein kan binne maande sluit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 19
  • 1 min read

Die Noordelike stortingsterrein in Bloemfontein kan binne die volgende ses maande gesluit word nadat die Mangaung Metro Munisipaliteit 'n kennisgewing ontvang het wat die sluiting vereis.


Volgens ‘n mediaverklaring van die Demokratiese Alliansie (DA) het die Mangaung-metro dié inligting tydens 'n vergadering van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge bekend gemaak.


Die stadsbestuurder het glo ook erken dat die metro nie tans oor die kapasiteit beskik om sy stortingsterreine behoorlik te bestuur nie.


Hy het bygevoeg dat die Suidelike stortingsterrein ook met ernstige operasionele en veiligheidsuitdagings worstel.


Die DA wil nou antwoorde he oor die metro se noodplanne indien die Noordelike stortingsterrein nie meer gebruik kan word nie.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page