Bloem-skole leer hoe om KI slimmer te benut
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Verteenwoordigers van verskeie skole en onderwysorganisasies het by die Willem Postma Primêre Skool in Bloemfontein byeengekom vir 'n werkswinkel oor die gebruik van kunsmatige intelligensie, oftewel KI.
Deelnemers het meer geleer oor platforms soos ChatGPT, Claude, Canva en CapCut, asook hoe dié hulpmiddels veilig en doeltreffend in 'n skoolomgewing gebruik kan word.
Daar is ook gekyk na hoe KI skole kan help met inhoudskepping, sosiale media, videoproduksie, kommunikasie en tydsbestuur.
Verteenwoordigers van onder meer Willem Postma, Sentraal, Universitas Primêr, Oranje Meisieskool, Jim Fouché, Eduplus, Fichardtpark, President Brand Skool, St. Michaels, St. Andrews, Grey College en Edulife het die werkswinkel bygewoon.
Organiseerders sê die doel was om te wys hoe tegnologie bemarking meer doeltreffend kan maak sonder om die menslike aanslag te verloor.








Comments