Bloem-skole swem goud los

58 minutes ago
1 min read
Die swemmers van Eunice Hoërskool en Grey Kollege het voluit gegaan by die 2026 Waterkloof Uitnodigingsgala, met die gekombineerde A-span wat die algehele eerste plek behaal het.
Volgens Eunice het die gekombineerde B-span vyfde geëindig, terwyl die twee spanne saam 32 eerste plekke, 19 tweede plekke en 11 derde plekke behaal het.
Altesaam 39 swemmers van die twee Bloemfonteinse skole het aan die gala deelgeneem, saam met spanne van Waterkloof, Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Sentraal.
Eunice het die swemmers en afrigter JP Seyffert op sosiale media gelukgewens en hulle vir hul toewyding, spanwerk en vasberadenheid bedank.








Comments