top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

McKenzie het nog nie sy finale verslag voorgelê nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
1 hour ago
1 min read

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het nog nie ’n finale verslag oor die byna R31-miljoen wat aan die 2026-Wêreldbekerprogram bestee is, voorgelê nie.


Daar is verwag dat die departement die verslag verlede maand aan die parlement sou voorlê.


Klagtes is reeds by die Openbare Beskermer teen McKenzie ingedien oor die besteding en vrae oor wie by die reis gebaat het.


Die DA se Leah Potgieter sê McKenzie moet die finale verslag verskaf, insluitend die volle besteding en ’n lys van die reisigers en hul rolle.


Gayton McKenzie. FOTO: Facebook
Gayton McKenzie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page