top of page

Bloem-sussies dans op die wêreldverhoog

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 26
  • 1 min read

Drie sussies van Bloemfontein is besig om die wêrelddansverhoog op horings te neem.


Klara, Lilla en Milea Botha van die Dance Domination Marilize Griffiths ateljee is al drie gekeur om internasionaal te gaan deelneem. Hulle gaan in September na Swede reis om aan die Disco Wêreldkampioenskap deel te neem.


Die sussies se ma, Margret Botha, vertel hulle het drie jaar gelede begin om kompeterend deel te neem, nadat hulle gesien het die meisies toon talent. Hulle het toe die leer geklim, van beginner tot kampioenskap-status.


Die 13-jarige Clara en 11-jarige Lilla gaan as 'n duet en as deel van 'n klein groep deelneem, terwyl Milea op net 8 jaar saam met haar maatjie, Ninique Roestoff, ook as 'n duet gaan deelneem.


Margret vertel aan Rosestad-nuus hulle sien uit dat die meises Suid-Afrika se naam hoog gaan hou.


LUISTER:


Margret Botha

Die Botha-sussies, Klara, Milea en Lilla. FOTO: Verskaf
Die Botha-sussies, Klara, Milea en Lilla. FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page