top of page

Bloem-taxiverenigings eis dat e-taxi-besteldienste opgeskort word

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 8
  • 1 min read

Taxiverenigings en operateurs in Bloemfontein, het die Vrystaatse Departement van Paaie en Vervoer versoek om sekere e-taxi-besteldienste op te skort.


Dit totdat hulle geldige permitte ontvang.


SABC News berig die Rainbow Meter Taxivereniging se e-taxi-besteldiens is glo nie geregistreer nie en hulle het na bewering onbekende bestuurders, wat die kanse op menshandel en ander misdade verhoog.


Dit het tydens die voorlesing van die memorandum na vore gekom.


Die taxiverenigings het na die Departement van Paaie en Vervoer se kantore in Bloemfontein opgetrek om hul memorandum van eise te oorhandig.


Daar word ook beweer dat sommige amptenare, insluitend polisie en verkeersbeamptes, glo by die onwetting e-taxi-besteldienste en taxibedrywighede betrokke is.


Skermgreep. SABC News
Skermgreep. SABC News


Comments


bottom of page