top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein-dieretuin se heropening is op dreef

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 24
  • 1 min read

Planne om die Bloemfontein-dieretuin weer oop te maak, bly op dreef, hoewel daar nog geen datum vir die heropening is nie.


BloemNuusExpress berig die Mangaung Metro Munisipaliteit is besig met opgraderings en onderhoudswerk om aan die vereistes vir die heropening te voldoen.


Volgens die metro word onveilige strukture verwyder, dierehokke vergroot en opgeknap, en word werk ook aan die terrein se heinings, besproeiingstelsel en waternetwerk gedoen.


Die waarnemende algemene bestuurder van kommunikasie by die Mangaung-metro, Nicolette Maysiels, sê verdere personeel sal aangestel word en beplan ook om 'n veearts aan te stel.


Intussen sê DA-wyksraadslid Dirk Kotzé daar is egter min sigbare tekens van die herontwikkeling wat die metro belowe het en het vrae oor die projek se begroting geopper.


Ter illustrasie. FOTO: Tripadviser
Ter illustrasie. FOTO: Tripadviser

 
 
 

Comments


bottom of page