top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein het ‘n nuwe biblioteek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 27, 2024
1 min read

Die Adelaide Tambo Openbare Biblioteek se deure is amptelik vir die publiek oop. Die biblioteek is op die hoek van Wes Burger- en Charlesstraat in die Bloemfonteinse sentrale sake distrik geleë. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit nooi hulle almal om Maandae tot Vrydae hul versameling boeke en hulpbronne te kom verken asook om hulself met kennis te kom verryk. Luidens ‘n berig deur die Wayland Openbare Biblioteek, help biblioteke deur gratis toegang tot opvoedkundige, nuus en historiese hulpbronne te verskaf, om die publiek op hoogte te hou van feite, eerder as om hul met fiksie te verwar. Biblioteke tree ook as 'n middelpunt van inligting en hul werknemers as fakkeldraers vir feite, op.

 
 
 

Comments


bottom of page