top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein is dié naweek gasheer vir ’n nasionale bonsai-konvensie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago
1 min read

Bloemfontein is van Vrydag tot Sondag die gasheer vir ’n nasionale bonsai-konvensie wat die kuns van dié miniatuurbome vier.


Volgens ’n mediaverklaring van Bloemfontein Bonsai Kai bring die konvensie liefhebbers van regoor die land bymekaar vir demonstrasies, ’n kompetisie vir nuwe talent en ’n bonsai-uitstalling.


Die tema fokus op die invloed wat tyd en veroudering op bonsai het, en hoe geduld, versorging en tegniek die karakter van ’n boom oor jare vorm.


Die publiek kan die uitstalling by die saal van Onze Rust Primêre Skool in Uitsig besoek, waar bonsaibome en verskeie benodigdhede ook aangebied word.


Die uitstalling is Saterdag van 08:00 tot 17:00 en Sondag van 09:00 tot 12:00 oop. Toegang is R20 per persoon.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page