top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein kry ‘n nuwe skool

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 24, 2024
1 min read

‘n Nuwe skool met 24 mobiele klaskamers sal binnekort sy deure in Langenhovenpark, Bloemfontein oopmaak. Volksblad berig die woordvoerder van die Vrystaatse Premier, Matshediso Setai, sê die skool sal altesaam 150 Graad R tot 3-leerlinge en 300 Graad 8-leerlinge akkomodeer. Tydens ‘n vergadering oor dienslewering in die provinsie is hoofkwessies soos, onderwys, vaardigheidsontwikkeling en feestydveldtogte bespreek. Die skool word opgerig in ‘n poging om die toelatingsuitdagings van leerlinge Bloemfontein te takel. Volgens Setai sal die eerste bou-fase uit mobiele strukture bestaan terwyl die departement vir die bou van ‘n permanente struktuur voorberei. Die werk het reeds begin en sal na verwagting gereed wees vir die Januarie 2025-inname.

 
 
 

Comments


bottom of page