top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein mag moontlik lae waterdruk ervaar

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 31, 2025
1 min read

Groot dele van Bloemfontein mag dalk Vrydag, 31 Januarie met lae waterdruk sukkel. Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê in 'n kennisgewing dat die lae waterdruk die gevolg is van ’n pyp in Bloemfontein se hooftoevoer wat gebars het. Volgens die kennisgewing is die mees waarskynlike areas wat watertekorte gaan hê in die noorde van Bloemfontein, maar omdat die waterstelsel gekoppel is, kan die res van die stad ook beïnvloed word. Die stad is glo tans besig om water vanaf ander bronne na hoogliggende areas te pomp.

 
 
 

Comments


bottom of page