Bloemfontein-onderwysers stuur glo onvanpaste boodskappe aan leerders
- Armando Pieters

- Sep 2
- 1 min read
Leerders van St Bernard Hoërskool in Bloemfontein het openbare bewerings van seksuele teistering teen verskeie onderwysers gemaak. Die bewerings sluit volgens SABC News in dat onderwysers onvanpaste teksboodskappe en eksplisiete fotos aan die leerders gestuur het. Die saak het aan die lig gekom nadat 'n plasing op sosiale media deur ‘n 19-jarige leerder viraal gegaan en tot ‘n stortvloed van soortgelyke bewerings gelei het. Vyf van die leerders was verlede jaar in matriek, en een in Graad 10. Die leerder het sedertdien na 'n ander skool oorgeskakel en Bloemfontein verlaat. Die woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Onderwys, Howard Ndaba, het bevestig dat twee onderwysers hangende ondersoeke geskors is. Hy voeg by dat nog 'n onderwyser onlangs weens 'n onverwante seksuele teisteringsaak ontslaan is.





Comments