top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein polisievrou behaal groot prestasie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 28, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Nasionale Uitnemendheidstoekennings is onlangs in Durban, KwaZulu-Natal, gehou en een van Bloemfontein se heldinne het die kollig gesteel. Volgens die Vrystaatse Provinsiale Regering se Facebook-blad vind die toekenningseremonie jaarliks plaas om erkenning aan lede van die SAPD te gee. LEES MEER: Mangaungse heldin in Sun City vereer Premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, het die plaaslike wenner toegejuig en die Vrystaatse deelnemers hartlik vir hul prestasies bedank. Speurder Bokamoso Peter van die Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdaadeenheid het die Ministeriële Toekenning vir haar werk teen reeksverkragters ontvang. Peter was ook die wenner in die regsektor-kategorie by die 13de Suid-Afrikaanse Heldinne-toekenningsgeleentheid in November 2024 by Sun City.  

 
 
 

Comments


bottom of page