Bloemfontein se DBV red ‘n merrie en haar vulletjie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsverenining (DBV) het onlangs twee verdwaalde perde uit ‘n drein in die Thaba Nchu-gebied gered.
Die DBV se inspekteur, Lucky Olifant, sê in ‘n plasing op sosiale media hulle het met hul aankoms die merrie en haar haar vulletjie uitgeput en desperaat om hulself te bevry, in die diep, steil drein gevind.
Na 'n uitdagende reddingspoging is beide die merrie en haar vul uiteindelik gered. Wonderbaarlik het hulle nie ernstige beserings opgedoen nie.
Beide is nou veilig en ontvang sorg by die Bloemfonteinse DBV.







Comments