Bloemfontein se Kersvader-boemelaar is oorlede
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 18, 2025
- 1 min read
Bloemfontein se eie Kersvader – oftewel die boemelaar Willie Keogh – is oorlede.
Dié bekende gesig sou in Oktober 71 jaar oud geword het. Hy was 'n ruk lank siek.
Hy was 'n dekade of meer op die hoek van Brillstraat en Tweede Laan in Westdene in die stad te sien.
Keogh het veral op Kersdae die aandag getrek as hy met sy lang wit baard en 'n Kersvader-pak en -mus in die straat te sien was. Hy het ook al die rol van Kersvader oor die Kerstyd in winkelsentrums vertolk.
Hoewel hy oor die jare verskeie kere hulp met verblyf en werk aangebied is, was dit sy keuse om op straat te leef.
Netwerk24 berig sy suster, Annatjie Celarius, het sy dood bevestig. Sy het al die mense wat oor die jare na hom omgesien het en wat sy as "Willie se engele" bestempel, vir hul liefde en omgee bedank.






Comments