top of page

Bloemfontein se klein vegtertjie doen goed

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

Die gesondheid van Bloemfontein se klein vegtertjie, Janique Venter, verbeter by die dag.


Volgens Arms of Mercy is sy nog nie terug skool toe nie en sal sy vir eers tuis bly om haar liggaam tyd te gee om te genees.


Sy sal Woensdag weer die dokter sien om haar steke en die verband op haar rug te verwyder.


Klein Venter het na haar operasie om nog gewasse uit haar nek te verwyder ‘n moeilike tyd in die hospitaal gehad.


Sy is verlede week ontslaan en onlangse bloedtoetse wys ‘n goeie bloedtelling.


Daar is ook geen tekens van infeksie gevind nie.


Janique Venter. FOTO: Facebook
Janique Venter. FOTO: Facebook


Comments


bottom of page