top of page

Bloemfontein se Nasionale Distrikshospitaal open ‘n nuwe tydelike ongevalleafdeling

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Meer as ‘n jaar nadat ‘n brand die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein beskadig het, is ‘n tydelike ongevalleafdeling weer geopen. Netwerk24 berig die afdeling by die Gateway-kliniek sal ‘n kombinasie van nood- en kliniekdienste in een ruimte bied. Volgens die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het die brand geweldige druk op gesondheidsdienste veroorsaak. Hy is egter bly dat die afdeling weer funksioneer en die druk op ander geriewe gaan verminder aangesien pasiente sedert die brand na die Pelonomi-hospitaal herlei is. Aangesien die afdeling lang termyn bedryfsprobleme kan veroorsaak sal dit net tydelik beskikbaar wees.

 
 
 

Comments


bottom of page