top of page

Bloemfontein se Nasionale Museum bemagtig die volgende generasie wetenskaplikes

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1
  • 1 min read

Deur die Nasionale Museum in Bloemfontein se uitreikprogram gaan hulle voort om die volgende generasie wetenskaplikes te inspireer en te bemagtig. 'n Span het vroeër die week byna 100 graad 9- leerders by die Vrystaatse Reikaeletse Sekondêre Skool in Koffiefontein besoek. Luidens ‘n plasing op sosiale media is daar tydens die geleentheid ‘n aanbieding oor "Loopbane in die Natuurwetenskappe" gegee en die leerders het ook meer oor die reptiele, insluitend giftige slange, in die provinsie geleer. Verder is die belangrikheid van argivering van Suider-Afrikaanse planterfenis deur middel van bewaarde plantmonsters ook bespreek.

 
 
 

Comments


bottom of page