top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein se Oorlogsmuseum kry weer 'n skoon oudit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het vir die vierde agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit ontvang.


Volgens Bloemnuus Express het die Ouditeur-generaal dié prestasie as 'n voorbeeld van goeie bestuur en aanspreeklikheid beskryf.


Die museum het ook die afgelope 16 jaar geen vrugtelose, vermorsende of onreëlmatige besteding aangeteken nie.


Daarbenewens is al sy prestasieteikens die afgelope agt jaar bereik.


Die museum, wat onder die Departement van Sport, Kuns en Kultuur val, brei steeds uit met nuwe uitstallings en projekte om die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog vir nuwe geslagte toeganklik te maak.


FOTO: Bloemnuus Express
FOTO: Bloemnuus Express

 
 
 

Comments


bottom of page