Bloemfontein se Ouboet is ter ruste gelê
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 28, 2025
- 1 min read
Die 70-jarige oud-Bloemfonteiner, Gerhard Koorts beter bekend as Ouboet, is ter ruste gelê. Koorts is vroeër die maand aan ‘n hartval in sy huis in Mosselbaai oorlede. Netwerk24 berig Koorts het die eerste Vereniging van Staatsamptenare (VSA)-kantoor in Bloemfontein geopen. Hy het almal in die Vrystaatse regering geken en het al die mans as Ouboet aangespreek wanneer hy hulle gegroet het. Volgens ‘n verteenwoordiger van die VSA in die Vrystaat, Lynsie Pelser, was Koorts ‘n puik mentor, en al die amptenare in die staatsdepartement het hom gerespekteer. Sy voeg by hy was ‘n ongelooflike bron van kennis, en regverdigheid was vir hom baie belangrik.






Comments