top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein se watergehaltekwessies steeds troebel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 10, 2024
1 min read

Die water situasie in Bloemfontein is al van verlede week af troebel. Die DA se Dirk Kotze het aan Rosestad-nuus gese dat die party nou die watergehaltewessies in die Mangaung-metro by die Provinsiale Wetgewer asook die Menseregte kommissie (MRK) gaan aanmeld. Die bruinerige water en onaangename reuk het ‘n week nadat Vaal Water winteronderhoud aan die Brandkop-reservoir in Pellissier gedoen het, begin. In Februarie die jaar het die MRK ‘n openbare verhoor, onder voorsitterskap van die Nasionale Kommissaris, dr Henk Boshoff,  gehou nadat daar toe ook klagtes oor watergehalte ontvang is. Tydens die verhoor het dit aan die lig gekom dat minstens drie waterreservoirs al vir meer as sewe jaar gebreek is. Volgens Kotze is daar tot op hede geen terugvoer oor die oorsaak van die verkleurde water en onaangename reuk ontvang nie asook nie wanneer die probleem opgelos sal wees nie.

 
 
 

Comments


bottom of page