top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein-sjef agter tralies vir kinderpornografie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 24, 2025
  • 1 min read

Die sjef wat ʼn skelm foto van twee 12-jarige seuns in die kleedkamer van ʼn skoolkoshuis in Bloemfontein geneem het, is in die Bloemfonteinse landdroshof tot drie jaar tronkstraf gevonnis.

Maroela Media berig André Meyer het skuldig gepleit op aanklag dat hy die Wet op Rolprente en Publikasies oortree het deur kinderpornografie te vervaardig.

Sy vonnis is vir vyf jaar opgeskort en sy naam is in die nasionale register van seksoortreders aangeteken.

Polisiewoordvoerder kaptein Lorraine Earle sê Meyer het ten tyde van die voorval in Februarie verlede jaar as gekontrakteerde sjef in die koshuiskombuis van die betrokke skool gewerk.

Hy het ‘n skelm foto van een van die seuns met sy selfoon geneem toe hulle in die badkamer was.

Die ander seun het dit gesien, en sy ma ingelig. ʼn Saak van crimen injuria is toe by die Parkweg-polisiestasie aangemeld.

 
 
 

Comments


bottom of page