Bloemfontein-sportman na ysterman-kompetisie oorlede
- Armando Pieters

- Apr 1
- 1 min read
‘n Bekende in Bloemfontein se hardloopkringe, Van Zyl Brink, is skielik oorlede na hy tydens die ysterman-kompetisie se sake-aflos-afdeling in Gqeberha ongesteld begin voel het. Netwerk24 berig die naweek was Brink se derde keer dat hy in die swem-afdeling aan die kompetisie deelgeneem het. Volgens een van Brink se kollegas het lewesredders hom uit die see gered nadat hulle opgemerk het dat hy ophou swem het. Hy is op die toneel gestabiliseer maar is later in die hospitaal oorlede. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend. Brink is ‘n gebore en getoë Bloemfonteiner. Hy was die hoofsteun van Hoërskool Sand du Plessis waar hy ook op verskeie sportkomitees gedien het.





Comments