top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfontein verwelkom die Vrystaat se eerste Kersdag-babatjie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 25, 2024
1 min read

Die eerste Kersdag-babatjie, ‘n seuntjie, is vanoggend by die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein gebore. Die Vrystaat verwelkom vandag 24 Kersdag-babatjies, 9 dogtertjies en 15 seuntjies, met die eerste dogtertjie wat by die Dihlabeng Streekhospitaal in Bethlehem gebore is. Die Vrystaatse Departement van Gesondheid se Elke de Witt sê in ‘n mediaverklaring dat die getal na verwagting deur die loop van die dag sal toeneem. Die Premier, LUR vir Gesondheid en ander lede van die Uitvoerende Raad sal gedurende die dag moeders by 'n aantal kraamsale in die provinsie besoek. Dit, om die trotse moeders persoonlik geluk te wens, asook om  'n babasorgpakket aan hulle te oorhandig en om met personeel te vergader.

 
 
 

Comments


bottom of page