top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiner as tesourier van SA Olimpiese Vereniging verkies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 7, 2025
  • 1 min read

Bloemfonteinse-olimpiër, Chris Dednam, is as tesourier van die Suid-Afrikaanse Olimpiese Vereniging verkies. Dednam was twee jaar gelede een van die stigterslede, toe die vereniging as ‘n affiliaat van die Wêreld Olimpiese Vereniging gestig is. Hy sê aan Rosestad-nuus die vereniging bestaan uit Suid-Afrikaanse atlete wat Olimpiese atlete, na hul sportloopbaan, met die aanpassing na die besigheidswêreld ondersteun. Nie net bied die vereniging netwerk- en opleidings geleenthede aan dié atlete nie, hulle deel ook die olimpiese waardes met kinders. Tydens van hul projekte kry atlete die geleentheid om met die kinders te gesels en om hulle aan te moedig om aan sport deel te neem.

 
 
 

Comments


bottom of page