Bloemfonteiner baklei man-alleen teen aanvallers ná 'n aandmark
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 8
- 1 min read
'n Man van Bloemfontein het drie plaasaanvallers alleen afgeweer en só waarskynlik sy vrou en grootouers se lewe gered.
Martinus Taljaard en sy vrou, Nicolene, het omstreeks 23:00 by die huis gekom nadat hulle sy ouma, Wilna Pretorius, by haar stalletjie op die Langenhovenmark se Lente-aandmark gehelp het.
Volksblad berig aggressiewe aanvallers het hulle op hul plaas net buite die stand ingewag. Taljaard sê die rowers het waarskynlik die geld ná die mark in die oog gehad, wat sy ouma by haar gehad het.
Ná 'n struweling kon die egpaar in die huis kom, en het Taljaard vir Pretorius gebel om haar te waarsku. Die bure, familie en die polisie het hulp aanbied.
Die aanvallers het weggekom, hoewel die polisie se forensiese ondersoekers vinger- en palmafdrukke van die bakkie gelig het wat dalk een of meer van die verdagtes s’n kan wees.





Comments