Bloemfonteiner bou model van Paul Kruger se skip
- Armando Pieters

- Jun 28
- 1 min read
Die kleinseun van twee Vrystaatse burgers in die Anglo-Boereoorlog (ABO) het ‘n skaalmodel gebou van die pantserskip waarmee pres. Paul Kruger van Transvaal in die oorlog na Nederland gereis het.
Die 87-jarige Jan Linde van Fichardtpark in Bloemfontein het ná 1 200 uur oor ‘n periode van nege maande die model-skip Vrydag voltooi.
Netwerk24 berig Linde het sy werk aan die projek vir die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke so ernstig opgeneem dat hy verlede naweek weens ontwatering in die hospitaal opgeneem is.
Hy het egter daarop aangedring om ontslaan te word om sy groot erfenisprojek te voltooi.
Linde was sy lewe lank ‘n modelmaker in Bloemfontein.
Hy het in 1956 begin werk en onder meer enjins vir die stoomlokomotiewe vir die spoorweë help bou.
Sy twee oupas was Vrystaatse burgers in die ABO.





Comments