top of page

Bloemfonteiner eis glo losprys vir Joshlin Smith

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 8, 2025
  • 1 min read

’n Polisiebeampte wat in die verhoor van Joshlin Smith getuig het sê die kind se ma het glo ‘n oproep ontvang van iemand wat ‘n losprys geëis het. Maar volgens Sersant Meyer Milstein is die oproep gekoppel aan iemand in Bloemfontein wat geen kennis van Kelly gehad het nie. SABC News berig verder dat die ma glo ook nie aan enige van die soektogte na haar dogtertjie deelneem het nie. Joshlin se ma, Kelly Smith, haar kêrel, Jacquen Appollis, en 'n derde medebeskuldigde, Steveno van Rhyn, staan in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Saldanhabaai ​​tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel in verband met die toe-sewejarige dogtertjie se verdwyning.

 
 
 

Comments


bottom of page