top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiner in hof oor beweerde Covid-bedrog

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 29, 2025
1 min read

Die eienaar van Radius Sales and Merchandising, Antonio Richard McDonald, het in die Bloemfonteinse Landdroshof op aanklagte van bedrog en geldwassery verskyn. Volgens ’n polisieverklaring volg dit nadat hy vroeër Maandag 27 Januarie 2025 in hegtenis geneem is. Hy het glo namens sy beweerde werknemers ’n aansoek om die Covid-19 Tydelike Werknemershulpprogram by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ingedien, en dit is goedgekeur. Na bewering het McDonald tussen Maart 2020 en Junie 2021 tien betalings van byna R1,1 miljoen vanaf die WVF ontvang. ’n Interne ondersoek het aan die lig gebring drie van sy werknemers was moontlik onwettig in Suid-Afrika. McDonald is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die saak is tot 10 Maart uitgestel en word na die Streekhof oorgedra.

 
 
 

Comments


bottom of page