top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiner maak deurbraak met watermeterkrises

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2024
1 min read

Terwyl Bloemfontein deur nog ’n hittegolf geteister word, het Mangaung Metro ’n nota gepubliseer oor hoe inwoners hul watermeters se nuwe bewystukke (“tokens”) kan oplaai. Menigte inwoners het bevind dat die stelsel foutief is en dus die gevaar loop om sonder water die hittegolf te trotseer. Terwyl die DA Saterdagoggend die Mangaung-munisipaliteit versoek het om die watermeterkrisis op te los, kry groot gedeeltes van Bloemfontein hitteverligting met ’n reënbui. ’n Inwoner van Bloemfontein het ook op sosiale media gedeel dat sy vir twee weke gesukkel het om haar bewystukke te laai en steeds die 017-foutkode ontvang het. Sy het wel ’n deurbraak gemaak deur haar “tokens” by ’n geriefswinkel te koop en nie aanlyn nie. Daarna het sy vir die Mangaung-munisipaliteit geskakel om ’n verwysingskode te kry voordat die bewystukke aan haar gestuur is, wat toe wel gewerk het.

 
 
 

Comments


bottom of page