top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiner versorg parkie eiehandig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 17, 2025
1 min read

Volgens Bloemfontein-sakeman, Nico Wepener, is dit kos vir die siel om iets vir jou gemeenskap te doen. Netwerk24 berig Wepener het ‘n parkie in die stad aangeneem en onderhoud dit eiehandig. Hy is drie oggende ‘n week douvoordag in die parkie op die hoek van W.E.G. Louw- en P.J. Schoemanstraat, in Langenhovenpark, om die beddings te versorg, bome water gee en om die voëls te voer. Volgens die 58-jarige sakeman het die gras en onkruid, drie jaar terug, heuphoogte gestaan – hy het toe ‘n grassnyer gaan koop en sedertdien sny hy gereeld die gras en versorg die plante. Die parkie is bekend onder stappers wat onder die groot olienhoutboom op die bankie sit om asem te skep.

 
 
 

Comments


bottom of page