top of page

Bloemfonteiners betwis hul waterrekeninge

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 23 hours ago
  • 1 min read

Die DA het talle klagtes van Bloemfonteiners ontvang wat hul waterrekeninge betwis, en beweer dat die gefaktureerde bedrae nie met die werklike meterlesings ooreenstem nie. 


Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n verskaffer aangestel om watermeterlesings teen R13.50 per lesing te doen.


DA Raadslid Dirk Kotze sê verder in mediaverklaring dié driejaarkontrak einding Junie vanjaar, en hulle het vrae aan die stadsbestuurder gestel om duidelik te verkry.


Van die vrae sluit in hoe die akkuraatheid van lesings geverifieer word, hoe kontrakprestasie gemonitor word en of die risikobevindinge van die Ouditeur-generaal in die kontrak aangespreek is.


Hy voeg by die Ouditeur-Generaal het in vorige finansiële jare herhaaldelik onbetroubare waterrekeninge, geskatte lesings, swak kontrakbestuur, en swak toesig in die metro uitgewys.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page