Bloemfonteiners is nie gelukkig oor die verkoop van die Tempe-vliegveld nie
- Nadia Pieters

- Oct 31
- 1 min read
Die DA, saam met die Tempe-vliegveld en Groenvlei-gemeenskappe, het formele besware ingedien teen die Mangaung Metro Munisipaliteit se voorstel om dié vliegveld in Bloemfontein te verkoop.
Dit glo vir 'n privaat landgoedontwikkeling.
DA-raadslid, Johan Pretorius, sê in ‘n mediaverklaring meer as 50 skriftelike besware is reeds ingedien.
Hy voeg by om die terrein vir privaat ontwikkeling te herbestem sal nie net Tempe se lugvaartstatus bedreig nie maar ook plaaslike werksgeleenthede in gevaar stel.
Verder sal dit Bloemfontein ook van ‘n belangrike deel van sy vervoerinfrastruktuur ontneem.
Die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, kon nie vir kommentaar bereik word nie.






Comments