top of page

Bloemfonteiners is terug in die beskuldigdebank oor bedrog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 14, 2025
  • 1 min read

Die hoëprofiel-bedrogsaak teen agt Bloemfonteiners wat glo op ‘n bedrieglike wyse luukse voertuie aangekoop het – sal na verwagtig in die Bloemfonteisne landdroshof hervat word en tot Donderdag voortduur. Bloem-Express berig hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, vervalsing en die uitreiking van vervalste dokumente. Die saak hou verband met bewerings van sameswering om twee gevestigde banke van meer as R6 miljoen te bedrieg om nege luukse voertuie te koop. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Vrystaat sê die saak gaan voort met die aanbieding van verdere bewyse teen die oorblywende agt beskuldigdes. In totaal is nege mense in hegtenis geneem. Die negende beskuldige is reeds gevonnis.

 
 
 

Comments


bottom of page