top of page

Bloemfonteiners met onbetaalde boetes gaan nou makliker opgespoor word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 11, 2025
  • 1 min read

‘n Stelsel wat ontwerp is om verkeersbeamptes te help om motoriste met spoedoortredings, uitstaande lasbriewe en onbetaalde boetes op te spoor is in die metro geloots. Luidens ‘n plasing aanlyn het die Mangaung verkeer- en wetstoepassing, saam met die Brandweer- en Reddingsdepartement, deelgeneem aan 'n parade en ‘n demonstrasie om die nuwe tegnologie bekend te stel. Stadsbestuurder, Sello More, sê die munisipaliteit bly daartoe verbind om die Metro-polisie se vermoëns in die afdwinging van padveiligheid en die handhawing van die wet te verbeter. Hy voeg by hierdie innoverende tegnologie sal help met die visie om die Mangaung Metro Munisipaliteit ‘n veilige stad te maak.

 
 
 

Comments


bottom of page