Bloemfonteiners moet genoeg water stoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 2, 2025
- 1 min read
Bloemfonteiners in die Suide word aangeraai om genoeg water te stoor.
Dit aangesien die Mangaung Metro Munisipaliteit ‘n kennisgewing oor ‘n 12-uur lange wateronderbreking vir die Vrydag uitgereik het.
Hierdie onderbreking sal van 6:00 die oggend wees, en is vir noodsaaklike onderhoudswerk.
Onder andere is onderhoud nodig om die betroubaarheid van die stelsel te verseker, voortdurende lekkasies te verminder en die netwerk teen toekomstige mislukkings te beskerm.
Die Manguang Metro Munisipaliteit raai ook Bloemfonteiners aan om hul krane toe te hou om oorstromings te vermy wanneer die toevoer hervat word en om water spaarsamig gedurende herstelperiodes te gebruik.









Comments