Bloemfonteiners moet seker maak hul bouplanne is wettig goedgekeur

Eiendomseienaars, kopers en ontwikkelaars in die Mangaung-metro moet seker maak dat hul eiendomme se gebruik en bouplanne wettig goedgekeur is.
Volgens inligting wat deur DA Wyk 23-raadslid Tjaart van der Walt gedeel is, kan eiendomme wat vir ’n ongemagtigde doel gebruik word, onder die munisipaliteit se “Non-Permitted Use”-tarief val.
Hierdie boete-tarief vir die nuwe boekjaar is sowat 6.5 keer hoër as die gewone residensiële tarief. En dit is nog bó-en-behalwe die stappe wat die stadsraad se boubeheer teen jou kan neem.
Die betaling van die hoër tarief maak ’n ongemagtigde gebruik egter nie wettig nie.
Eiendomseienaars en kopers word dus aangeraai om die eiendom se sonering, goedgekeurde bouplanne en bestaande gebruiksregte te verifieer voordat hulle koop, bou of ’n eiendom omskep.








Comments